Paper Sky

Cheryl Kahla > Paper Sky

Inspired by one of my old poems.

Almal hoor, niemand luister

Ek sit hier
soos soveel kere vantevoor;
vingers blou van die koue,
siel verniel maar bly behoue.
Aleen sit ek hier
en dink aan alles wat ek nie wil hoor.
Was dit dalk van korte duur
sou ek my leuens kon glo.

Soms sit ek hier dink
oor al die onregverdighede.
Soms raak ek die pad byster
wanneer ek eerder na my hart luister;
dis dan wanneer my donkerder kant vir my wink,
(daardie deel van my klou vas aan my verlede.)
Eendag sal ek nog daarin verdrink.
Om gevoelloos te wees, klink soveel beter.

Geen woorde kan uitbeeld
hoe ek werklik voel.
Van nou af sal ek eerder fluister;
almal hoor maar niemand luister.
Die middele heilig die doel.
En my pyn bly nog steeds verdeeld
vir dit wat ek nie meer mag voel;
vir dit word ek nog steeds veroordeel.

Van nou af sal ek eerder fluister;
want almal hoor, maar niemand luister.